Hoop op Gaza wapenstilstand

Pogings om ‘n ooreenkoms oor ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas in Gaza te bewerkstellig, duur voort. Israel se intelligensie-agentskap Mossad sê, dis ten spyte daarvan dat die hoop op ‘n wapenstilstand tydens die Moslem-heilige maand Ramadan verduister. Mossad-hoof, David Barnea, het met sy Amerikaanse eweknie, CIA-direkteur William Burns, vergader om ‘n ooreenkoms te bevorder […]

Read More

Engeland uitgeboul

Ravichandran Ashwin het vyf paaltjies ingeoes in sy 100ste toets en Indië gehelp om Engeland met ‘n beurt en 64-lopies te klop en die reeks 4-1 te beklink. Die draaibouler Ashwin spog met vyf-vir-77 wat bygedra het om Engeland vir 195 uit te boul in die besoekers se tweede beurt. Die wedstryd in Dharamsala het […]

Read More

Nandi-Ndaitwah is presidentskandidaat

Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is  deur die sentrale komitee as die party se presidentskandidaat vir die nasionale verkiesing in November onderskryf. Die vergadering is genoodsaak nadat die politburo Nandi-Ndaitwah se kandidaatskap vir president onderskryf het sonder dat die sentrale komitee daaroor besluit het. Dit het het Swapo se grondwet oor die oproep vir die […]

Read More

Studente-bystandsfonds word hersien

Die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds se maatskappysekretaris, Fillemon Immanuel, het aangekondig dat die fonds onder die opdrag van die kantoor van die Eerste Minister, sy befondsingsbeleid aktief hersien. Die rede is om inklusiwiteit en billikheid te bevorder. Volgens hom word die befondsingsbeleid bekyk met die doel om voorsiening te maak vir studente wat dalk oorgesien […]

Read More

Brandbeskadigde regeringsgeboue sluk miljarde

Die sloping van Suid-Afrika se die brandbeskadigde Nasionale Vergadering-gebou sal na verwagting in April begin. Die Parlement se sekretaris, Xolile George,sê ‘n bykomende een-miljard-Suid-Afrikaanse rand is nodig vir opgraderings, benewens die twee-miljard-rand wat aanvanklik toegeken is. Hy sê die sperdatum vir voltooiing is ook uitgestel, van November 2025 tot Februarie 2026. George sê die hersiene […]

Read More

Japan jaag toeriste uit sy Geisha-distrik

Die Japanse stad Kyoto het besluit om toeriste te verbied om dele van die land se bekende Geisha-distrik te besoek en sê dit is nie ‘n pretpark nie. Geishas is professionele vermaaklikheids-kunstenaars wat opgelei is in tradisionele kunste soos onder meer dans en musiek. Inwoners het gekla van ‘n toerisme-oorvloei en sê besoekers is geneig […]

Read More

Hou Namibië dop in Mej Wêreld-kompetisie

Die 71ste Mej Wêreld word  binnekort gekroon. Mejuffrou Namibië, Leone Renate van Jaarsveld,  het in ‘n Facebook boodskap haar vreugde en trots om deel te neem uitgespreek. Die seremonie begin 4-uur vanmiddag, Namibiese tyd, in die Jio Wêreld Konferensie-sentrum in Moembaai, Indië. Karolina Bielawska van Pole, die heersende Mej Wêreld, sal haar opvolger kroon. 112 […]

Read More

Nandi-Ndaitwah ondersteun Mbumba ten volle

Vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het in ‘n toespraak by Swapo se sentrale komiteevergadering haar vertroue in die party en sy besluite uitgespreek. Die vergadering, wat tans aan die gang is, is genoodsaak nadat die politburo Nandi-Ndaitwah se kandidaatskap vir president onderskryf het sonder dat die sentrale komitee daaroor besluit het. Ndaitwah sê sy ondersteun President Nangolo […]

Read More

SA verkiesingslyste onder vergrootglas

Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie sal gehalteversekering begin toepas op die ingediende verkiesingskandidaat-lyste. Politieke partye het tot vyf-uur gistermiddag tyd gehad om hulle kandidaat-lyste vir die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers in te dien, sowel as hulle verkiesingsdeposito’s. Die adjunk-verkiesingsoperasies-beampte, Masego Sheburi, sê geen verlenging is toegestaan vir laat indienings nie.

Read More

Haïti leierskapskrisis weer in kollig

Guy Philippe, wat in 2004 ’n staatsgreep in Haïti help lei het en verlede jaar na die Karibiese eiland teruggekeer het nadat hy tronkstraf in Amerika uitgedien het, eis dat die land se premier bedank. Hy sê hy wil president word. Maande van geweld het die regering in Haïti tot op die rand van ineenstorting […]

Read More