Ruang-uitbarsting ontwrig lugverkeer, duisende ontruim

Die Ruang-vulkaan in Indonesië het Dinsdag uitgebars en owerhede moes meer as 12 000 mense van die nabygeleë Tagulandang-eiland verwyder. Owerhede het Ruang se waarskuwingstatus ná die uitbarsting tot die hoogste vlak verhoog. Hulle waarsku inwoners ook dat die vulkaniese materiaal wat die see instroom ʼn tsunami kan veroorsaak. Ruang-eiland is sowat 100 kilometer van die Noord-Sulawesi-provinsie se hoofstad, Manado. Indonesië is op die Stille Oseaan se sogenaamde Ring van Vuur geleë waar verskeie tektoniese plate bymekaarkom en seismiese aktiwiteit gereeld voorkom.