Japan jaag toeriste uit sy Geisha-distrik

Die Japanse stad Kyoto het besluit om toeriste te verbied om dele van die land se bekende Geisha-distrik te besoek en sê dit is nie ‘n pretpark nie. Geishas is professionele vermaaklikheids-kunstenaars wat opgelei is in tradisionele kunste soos onder meer dans en musiek. Inwoners het gekla van ‘n toerisme-oorvloei en sê besoekers is geneig om die nou straatjies te versper terwyl toergidse ure-lange lesings gee. Van April af sal bordjies in Japannees en Engels aangebring wees wat besoekers die gebied verbied.