Groot riviere bly bestendig, maar Oranje baie laag

Die Zambezirivier by Katima Mulilo is besig om te daal en het vanoggend ‘n watervlak van 1,67m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu daal steeds van 5,64m gister tot 5,63m vanoggend. Die Benede Oranjerivier by Blouputs het ‘n watervlak van 0,34m aangeteken en Sendelingsdrift daal steeds en was op 0,51m. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend […]

Read More

Geveg tussen SA uitgewers, Google vererger

Die verhouding tussen Suid-Afrika se groot uitgewers en Google het versuur, wat moontlik tot konflik kan lei te midde van die Mededingingskommissie se Media- en Digitale Platform-markondersoek. Google se omstrede onderhandelingsstandpunt het ‘n terugslag veroorsaak, met uitgewers wat die bekendmaking versoek het van sy plaaslike bedrywighede en inkomste uit die samestelling van nuusinhoud. Google se […]

Read More

Verstappen, Red Bull wil F1-oorheersing voortsit

Motorsport: Die heersende Formule 1 wêreldkampioen, Max Verstappen, sê hy is bly dat hy dié seisoen met ‘n oorwinning kon afskop. Die Red Bull-jaer het voortgegaan waar hy verlede seisoen opgehou het, toe hy die voorste wegspringposisie in ‘n wedren-oorwinning kon omskep in die Bahreinse Grand Prix. Sy spanmaat, Sergio Perez, het tweede geëindig, met […]

Read More

NamRA toegewyd daaraan om dwelms uit te hou

‘n 51-jarige Namibiese man het in die Karasburg-landdroshof verskyn nadat Mandrax-tablette ter waarde van net meer as 1,9 miljoen Namibiese dollar deur doeane-beamptes in sy vragmotor gekry is. Hy is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem. Die saak is uitgestel tot 16 Mei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tonateni Shidhudhu, die woordvoerder van […]

Read More

SA speaker ontken bewerings van R2,3 miljoen omkoopgeld

Die speaker van SA se Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ten sterkste ontken sy was by korrupte bedrywighede betrokke toe sy die verdediging-minister was. Sy word daarvan beskuldig dat sy destyds omkoopgeld van altesaam 2,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand vanaf ‘n kontrakteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gekry het. Die speaker word na berigte betrek by […]

Read More

Vroeë geboortes hoofoorsaak van kindersterftes

‘n Senior lektor aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Doktor Mary Kinney sê meer as 13-miljoen babas word elke jaar te vroeg gebore, wat hul risiko van geboorte-defekte verhoog. Wêreldwyd word daar elke twee sekondes ‘n baba te vroeg gebore, en elke 40 sekondes sterf een van hierdie babas. Kinney sê dit het ‘n diepgaande […]

Read More

Alcaraz klop Nadal in Vegas-vertoonwedstryd

Tennis: Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz, het net-net daarin geslaag om sy beroemde Spaanse landgenoot, Rafael Nadal, in hulle vertoonwedstryd in Las Vegas, Amerika, te klop. Nadal het die eerste stel gebuit en Alcaraz die tweede, waarna Alcaraz sy teenstander in die beslissende valbylpot 14-12 uitgeknikker het. Albei spelers het die wedstryd gebruik […]

Read More

Okahandja, kom na strategiese plan se bekendstelling!

Die Okahandja Munisipaliteit nooi die publiek uit na die bekendstelling van die Strategiese Plan vir 2024-2029. Die munisipaliteit is besig om die Okahandja Strategiese Besigheidsmodel te finaliseer, wat ‘n nuwe strategiese rigting sal skep om die lewensomstandighede en standaarde van alle inwoners en beleggers te verbeter. Die dokument sal amptelik bekendgestel word deur die stedelike […]

Read More

Namibië neem in 7 sportkodes deel by Afrikaspele

Namibië stuur ‘n span van 78 verteenwoordigers na die 13de Afrikaspele wat Vrydag in Ghana afskop, tot 23 Maart. Namibiërs sal in sewe sportkodes deelneem. Atletiek Namibië het die grootste aandeel van 25 atlete, saam met ‘n gesamentlike 30 spelers in die nasionale mans- en vrouekrieketgroepe, die Richelieu Eagles en die Capricorn Eagles. Die reisgroep […]

Read More

Headspring hou vol dat hulle die wet gehoorsaam

Headspring Investments, wat besig met uraaneksplorasie by Leonardville, se prosesse het verlede week skerp kritiek in die parlement ontlok van landbou-minister Calle Schlettwein. Die minister het onder meer gesê daar is ‘n behoefte aan ‘n omvattende, onafhanklike beoordeling van fasiliteite, prosesse en tegnologieë wanneer geologiese eksplorasieprojekte in Namibië geïmplementeer word. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More