SA verkiesingslyste onder vergrootglas

Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie sal gehalteversekering begin toepas op die ingediende verkiesingskandidaat-lyste. Politieke partye het tot vyf-uur gistermiddag tyd gehad om hulle kandidaat-lyste vir die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers in te dien, sowel as hulle verkiesingsdeposito’s. Die adjunk-verkiesingsoperasies-beampte, Masego Sheburi, sê geen verlenging is toegestaan vir laat indienings nie.