Damverslag wek week op week meer kommer

Die jongste damverslag wek meer kommer as ooit. Die sentrale gebied het net 19,4 persent bronne oor met Von Bach wat op 11,1 persent staan en Swakoppoort wat se vlakke gedaal het tot 38,6 persent. Die ooste is in ‘n penarie met bronne van 3,4 persent en Otjiverodam wat op 4,5 persent staan. In die […]

Read More

Tender-reëls? Watter tender-reëls?

Volgens die Tender Bulletin wil dit voorkom asof daar weer verskeie oortredings van die verkrygingswetgewing in verband met Onafhanklikheid was. Die publikasie sê daar was nie enige tenders vir kos-voorsiening nie en ook nie vir tente, eetgerei, versierings of vermaak nie. Die kortlys is bekend en indien die billikste tien tenders gekies is sou dit […]

Read More

Drie soldate bly agter tralies

Die drie lede van die Namibiese weermag wat met eland-, koedoe- en blou wildebeest-vleis in die Mangetti Nasionale Park gevind is, is vandag borg in die Rundu-landdroshof geweier. Hulle is oor die naweek met die vleis, met ‘n geraamde waarde van amper 23 000 Namibiese dollar, gevang. Die drie, David Aishe, Richard Kasoma, en Paulus […]

Read More

Dis al weer tyd vir die repokoers

Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank sal sy volgende rentekoers besluit Woensdag bekend maak. Die repokoers in Suid-Afrika is 50 basispunte hoër as die Namibiese 7,75 persent en staan op 8,25 persent. Inflasie is effe op in die buurland en Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Roelof Botha, ‘n ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep aangeklop vir sy […]

Read More

Ombud gesels oor sy vertraagde wetsontwerp

Die verslag rakende menseregte in Namibië is reeds deur die burgerlike samelewing-organisasies saamgestel en ingedien by die VN se Menseregtekantoor. Daar is melding gemaak van die dringende implementering van die Ombud-wetsontwerp wat ‘n geruime tyd sloer. Die wetgewing sal meer outonomie, deursigtigheid en beter befondsing vir die kantoor verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Steenkoolvloot moet beter presteer om beurtkrag aan te spreek

Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê een van die stappe om die uitdagings by Eskom op te los, is om die prestasie van die steenkoolvloot aan te spreek. Ramokgopa het ook die dringendheid benadruk om verkrygings- en instandhoudingsprosesse vir opwekkingseenhede te versnel:

Read More

Senegal: Dit lyk asof Sall en kie se tyd min is

Vroeë uitslae in Senegal se presidensiële verkiesing dui daarop dat opposisie-kandidaat Bassirou Diomaye Faye moontlik ‘n volstrekte meerderheid behaal het. Opposisie-ondersteuners het die in strate van die hoofstad Dakar feesgevier. Amptelike uitslae sal na verwagting Vrydag deur die Dakar Appèlhof bekend gemaak word. Baie hoop dat die vertraagde verkiesings stabiliteit en ‘n ekonomiese hupstoot vir die Wes-Afrikaanse […]

Read More

China steun VN-resolusie vir skietstilstand in Gaza

China sê hy steun ‘n nuwe konsepresolusie by die VN-Veiligheidsraad oor ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza, nadat hy en Rusland ‘n vroeëre voorstel deur Amerika geveto het. China sê hy hoop die Veiligheidsraad sal dit so vinnig moontlik goedkeur en ‘n sterk sein uitstuur vir die opskorting van vyandelikhede. Die Raad is verdeeld oor die […]

Read More

Katjavivi gesels oor parlementêre diplomasie

Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, is tans in Switserland waar hy ‘n afvaardiging van parlementslede na die 148ste Parlementêre Unie Vergadering in Genève lei. Katjavivi het die parlement toegespreek en sê dit versterk parlementêre diplomasie. Hy het ook melding gemaak van vroue se verteenwoordiging in wetgewers. 

Read More

Iipumbu sê ons moet yskaste vervaardig

Die handelsminister, Lucia Iipumbu, sê sodra Namibië begin om kritieke items te vervaardig wat in huishoudings en kantore moet wees, soos yskaste, lugversorgers en meer, sal die hoë werkloosheidsyfers in die land aangespreek word. Sy het die opmerkings op Oshakati tydens ‘n streekskonsultasie oor, onder andere, die Wetsontwerp op Spesiale Ekonomiese Sone effektief gemaak. Maar […]

Read More