Engeland uitgeboul

Ravichandran Ashwin het vyf paaltjies ingeoes in sy 100ste toets en Indië gehelp om Engeland met ‘n beurt en 64-lopies te klop en die reeks 4-1 te beklink. Die draaibouler Ashwin spog met vyf-vir-77 wat bygedra het om Engeland vir 195 uit te boul in die besoekers se tweede beurt. Die wedstryd in Dharamsala het net drie dae geduur.