Nandi-Ndaitwah ondersteun Mbumba ten volle

Vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het in ‘n toespraak by Swapo se sentrale komiteevergadering haar vertroue in die party en sy besluite uitgespreek. Die vergadering, wat tans aan die gang is, is genoodsaak nadat die politburo Nandi-Ndaitwah se kandidaatskap vir president onderskryf het sonder dat die sentrale komitee daaroor besluit het. Ndaitwah sê sy ondersteun President Nangolo Mbumba te volle. Sy het die party gevra om saam te staan.