Haïti leierskapskrisis weer in kollig

Guy Philippe, wat in 2004 ’n staatsgreep in Haïti help lei het en verlede jaar na die Karibiese eiland teruggekeer het nadat hy tronkstraf in Amerika uitgedien het, eis dat die land se premier bedank. Hy sê hy wil president word. Maande van geweld het die regering in Haïti tot op die rand van ineenstorting gedruk, met bendes wat die bedanking van premier Ariel Henry eis.