Klagtes oor Sandvis-hawe konsessie is ‘saboterend’

Die omgewingsministerie het skerp gereageer op klagtes, veral deur Namibia Wildlife Resorts, oor sy toekenning van ‘n vyf-jaar konsessie vir Sandvis-hawe aan About Africa. Die ministerie sê die klagtes is gebaseer op kommer dat die konsessie eksklusief is en slegs een maatskappy sal bevoordeel, dat dit duur sal wees om die gebied te besoek en dat die regering inkomste sal verloor. Die ministerie sê die klagtes kom van maatskappye wat nie wil hê dat die regering inkomste moet kry nie en dat dit ‘n saboterende ingryping is sodat hulle  kan voortgaan met onwettige toere. Die ministerie sê ander operateurs sal ook toegang tot die gebied hê en dat dit herhaaldelik gekommunikeer is tydens die tender-proses. Die NWR het oor die toekenning gekla maar, was laat met die indiening van sy tender-dokumente.