Hou Namibië dop in Mej Wêreld-kompetisie

Die 71ste Mej Wêreld word  binnekort gekroon. Mejuffrou Namibië, Leone Renate van Jaarsveld,  het in ‘n Facebook boodskap haar vreugde en trots om deel te neem uitgespreek. Die seremonie begin 4-uur vanmiddag, Namibiese tyd, in die Jio Wêreld Konferensie-sentrum in Moembaai, Indië. Karolina Bielawska van Pole, die heersende Mej Wêreld, sal haar opvolger kroon. 112 deelnemers van regoor die wêreld ding mee om die gesogte titel.Die seremonie kan regstreeks op die amptelike Miss World YouTube-bladsy gevolg word.