Nandi-Ndaitwah is presidentskandidaat

Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is  deur die sentrale komitee as die party se presidentskandidaat vir die nasionale verkiesing in November onderskryf. Die vergadering is genoodsaak nadat die politburo Nandi-Ndaitwah se kandidaatskap vir president onderskryf het sonder dat die sentrale komitee daaroor besluit het. Dit het het Swapo se grondwet oor die oproep vir die buitengewone kongres na die dood van Swapo-president Hage Geingob op 4 Februarie ondersoek. Daar is ook besluit om die buitengewone kongres tot 19 April 2025 te skuif.