Studente-bystandsfonds word hersien

Die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds se maatskappysekretaris, Fillemon Immanuel, het aangekondig dat die fonds onder die opdrag van die kantoor van die Eerste Minister, sy befondsingsbeleid aktief hersien. Die rede is om inklusiwiteit en billikheid te bevorder. Volgens hom word die befondsingsbeleid bekyk met die doel om voorsiening te maak vir studente wat dalk oorgesien kan word.  Hy het sakeleiers en werkgewers aangemoedig om voormalige fonds-begunstigdes aan te moedig om by te dra tot die fonds se finansiële volhoubaarheid deur hul lenings terug te betaal.