Emma lei afvaardiging na persvryheid-konferensie in Chili

Inligtingminister Emma Theofelus lei ‘n Namibiese afvaardiging na die 31ste uitgawe van die Wêreldpersvryheidsdag-wêreldkonferensie. Dit is geskeduleer van vandag tot 4 Mei in Santiago, Chili. Theofelus sal deur amptenare van die ministerie en die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco vergesel word. Die konferensie sal fokus op die belangrikheid van joernalistiek en vryheid van uitdrukking te midde van die wêreldwye omgewingskrisis. Frans Nghitila, die waarnemende uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, het meer inligting.