Andy Murray sê sy tyd op die baan is min

Die driemalige Grand Slam-kampioen, Andy Murray, het bespiegel dat sy loopbaan as tennisspeler nog net ʼn paar maande kan duur. Die Brit wat aanvanklik ʼn stel agter was, het teruggeveg en die Kanadees Denis Shapovalov met 4-6, 7-6 en 6-3 verslaan in die eerste ronde van die Dubai-kampioenskap. Dis sy 500ste toervlak-sege op ʼn harde […]

Read More

Hou duim vas dat voorspelling vir reën hou

Weerkenner George van der Merwe kyk na wat die weer hierdie week gaan doen. Hy sê Namibië ondergaan tans ‘n kouefront effek wat veroorsaak dat daar koue lug oor die land beweeg. Hy gee die weer-vooruitsigte vir die res van die week en sê beter reën kan van môre af verwag word oor die grootste […]

Read More

Nog 10 000 Mandrax-pille in vragmotor gevind

Die polisie het ‘n tweede dwelm-vonds in die vragmotor op Ariamsvlei aangekondig. ‘n 51-jarige Namibiese man is by die grenspos in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette ter waarde van meer as 745 000 Namibiese dollar in sy vragmotor gevind is. Volgens die polisie was 6 186 tablette en 49 halwe tablette gevind. ‘n Verdere soektog het […]

Read More

Konsultasies vir NDP6 het begin

Die Nasionale Beplanningskommissie het aangekondig hy het begin met die formuleringsproses vir die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP6, deur openbare konsultasies dwarsoor al 14 streke en in elk van die 121 kiesafdelings. Die konsultasies word tot 29 Maart gehou. Die publiek word sterk aangemoedig om dit by te woon, om insigte te verkry en bydraes te […]

Read More

Amushelelo ruk op teen Nampol vandag

Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters-aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat daar vandag ‘n betoging teen die Namibiese polisie by die polisiehoofkwartier sal wees. Amushelelo moedig betogers aan om in groot getalle op te daag, anders sal die land ‘n volgens hom ‘n mafia-staat word as mense stilbly en die regte misdadigers eintlik uniforms dra. Hy het […]

Read More

Trump wil appelleer teen NY-boete

Oudpresident Donald Trump van Amerika gaan appelleer teen die siviele bedrogsaak van 8,77 miljard Namibiese dollar in New York. Hy en top- uitvoerende beamptes in sy maatskappy, insluitend sy twee ouer seuns, is skuldig bevind dat hulle jare lank banke en versekeraars bedrieg het deur hulle bates op finansiële state groter voor te stel om […]

Read More

SA se staatsdokters word te min betaal

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bepleit ‘n verhoging in staatsdokters se salarisse. Die organisasie sê dokters in staatsklinieke en hospitale verdien baie minder as hul eweknieë in die privaat sektor. ‘n Gesondheidsekonoom, Sandile Mhlongo, ondersteun hierdie oproep en voeg by gelykheid in betaling sal help om wanbalanse uit die weg te ruim:

Read More

GRN moet keer vir swartlys…

Die nuus dat die globale Finansiële Aksie Taakmag Namibië op die gryslys geplaas het, maak nog steeds opslae. Suid-Afrika is ook op die gryslys, wat beteken ‘n land word fyn gemonitor om te sien dat hy tekortkominge regstel in sy vermoë om geldwassery, die finansiering van terrorisme en verspreidings-finansiering te bekamp. Dit kan ook ‘n […]

Read More

Nog internasionale belange, die keer vir olie in noordooste

88 Energy, wat in Brittanje en Australië genoteer is, het ‘n 45 persent belang in ‘n eksplorasie-gebied in die noorde van Namibië verkry in ‘n ooreenkoms wat met die bestaande operateur, Monitor Exploration, gefinaliseer is. Die gebied, PEL 93, dek ‘n 18 500 vierkante meter oppervlakte, bestaande uit blokke 1717 en 1817. Volgens 88 Energy […]

Read More

Vaardigheid van onderwysers bron van kommer in SA

Die Suid-Afrikaanse basiese onderwys departement sê die land word nie beduidend geraak deur onderwysertekorte nie. Daar is egter steeds uitdagings wat betref onderwyservaardigheid en behoorlike plasing. Die Globale Verslag oor Onderwystekorte word dié week in Sandton, Johannesburg, vrygestel. Enoch Rabotapi van die departement sê die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie beklemtoon 44 […]

Read More