Jongste Nuus

Jongste Nuus

Dwelmhandelaar vas

Die Namibiese polisie sê hulle het beslag gelê op 24 000 Namibiese doller se kokaïen-poeier by die Otjiwarongo-Otavi padblokkade. Luidens berigte was die verdagte op pad vanaf Tsumeb na Windhoek en na die motor deursoek is, is 48 pakkies van die dwelms gevind. Daar was drie ander persone in die voertuig maar die Otjozondjupa polisie […]

Read More

AfriForum tree aan in plaaslike regerin

Die buurland se burgerregte-organisasie AfriForum het tydens ‘n mediakonferensie die Sentrum vir Plaaslike Regering bekend gestel. Die Noordwes Munisipale Aanwyser is tydens dieselfde geleentheid bekend gemaak. Die sentrum se Bestuurder, Eugene Brink, sê Suid-Afrika beleef reeds ‘n geruime tyd ‘n munisipale krisis. Daarom is die soektog na antwoorde en die vervulling van ‘n waghondfunksie belangriker […]

Read More

N$26m word deur SAPS vir water en krag geskuld

Amper 1 000 polisiekantore in Suid-Afrika skuld volgens berigte meer as 26 miljoen Namibiese doller aan onbetaalde water- en kragrekenings. Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, het onthul dat die Wes-Kaap, Gauteng, Noordwes en Limpopo die provinsies met die meeste skuld is. Sy het in ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre […]

Read More

Dinge het goed verloop aan die kus

Besighede aan die kus is volgens berigte verlig oor die hoeveelheid besoekers wat die naweek daar deurgebring het. Talle besighede het na die verlengde inperking verlede jaar gesluit en werkloosheid is algemeen. Volgens Anton von Wietersheim, ‘n besigheidsman in Swakopmund is dit die eerste keer sedert Covid in Namibië aangekom het, dat die kus so […]

Read More

N$300 000 kontant uit motor gesteel

Die Namibiese polisie het bevestig dat 300 000 Namibiese doller in Walvisbaai gesteel is uit ‘n voertuig. Volgens die owerhede aan die kus, het die eienaar van die voertuig, en die bedrag kontant, dit getrek vir salarisbetalings, maar hy het eers gestop om sy hare te laat sny. Die polisie vermoed ‘n afstandbeheer is gebruik […]

Read More