Stad Whk is raadop met sy skoonmakers

Stad Windhoek sê die voortslepende onwettige protes staking deur sy skoonmakers is ‘n ernstige bekommernis, en is ontwrigtend vir die bedryf en dienslewering van die Stad. Die Stad sê die werkers het besluit om ‘n onwettige betoging te begin ten spyte van die voortgesette pogings deur die stadsraad om hul griewe soos ingedien aan te spreek. Die raad het hom tot 30 Junie vanjaar verbind om die onderhandelings af te handel, wanneer die kontrakte van die werkers verstryk. Daar moet kennis geneem word dat die stadsraad aansienlike vordering gemaak het met die verbetering van die toestande van die skoonmakers oor die jare heen soos blyk uit die pensioen, medies en behuisingstoelaes wat aan hulle betaal word, bo en behalwe die basiese salaris.