Knopvelsiekte: Boere moet nie paniekerig raak nie

Twee gevalle van knopvelsiekte is in Khomas bevestig. Dit is ‘n virus wat beeste aantas en word oorgedra deur bloedvoedende insekte, soos sekere spesies vlieë en muskiete, of bosluise. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die woordvoerder van die landbouministerie gepraat en hy sê boere en die publiek moet nie paniekerig raak nie.