Amushelelo-sage: Wetteloosheid wek kommer by kenner

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo is weer in hegtenis geneem tydens ‘n betoging van sogenaamde skoonmakers van Stad Windhoek. Volgens sy prokureur Kadhila Amoomo verskyn sy kliënt vandag in die Windhoekse landdroshof. Arbeidsonrus word al hoe meer algemeen in Namibië, veral met Amushelo wat gereeld betrokke is. Hy het vroeër vanjaar bystand verleen aan werkers van die Riverside-diensstasie, restaurantwerkers van Craft Bristo by die Namibia Craft Centre in die hoofstad, en Shoprite-werkers op Walvisbaai. Joseph Diescho Namibiese skrywer en politieke ontleder sê aan Kosmos 94.1 nuus dat hy baie bekommerd is oor die ontwikkeling van wetteloosheid in Namibië.