Okahandja: Boeke is chaos, miljoene weg, verlore, verplaas…

Die ouditeur-generaal het die oudit vir Okahandja vir die 2018-2019 finansiële jaar voltooi. Dit blyk om chaos te wees. Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê hy kan geen afleiding maak nie omdat daar nie toepaslike ouditbewyse is nie en dus, kan daar nie op die finansiële verslag staatgemaak word nie. Twyfelagtige skuld is op net minder as 24 miljoen Namibiese dollar onderwaardeer en daar is geen bewyse van amper 18 miljoen dollar se BTW-terugbetalings nie, so Kandjeke sê hy kan nie die bestaan daarvan verifieer nie. Amper 2,5 miljoen dollar se kontant wat nog nie inbetaal is nie ook het geen dokumentasie nie. Net meer as 4,3 miljoen dollar is as bona fide betalings en nie as krediteure deurgevoer. Voorsiening vir verlof is oor-gewaardeer op amper 4 miljoen dollar en ‘n gelyste inbetaling van 2,4 miljoen dollar kan nie opgespoor word nie. Daar is 52 miljoen dollar afgeskryf sonder raadsgoedkeuring. Bewysstukke vir 38 miljoen dollar op die boeke ontbreek ook.