Bekker beklink sy tweede oorwinning in die Dimension Data Pro-Am

Die Suid-Afrikaner Oliver Bekker het sy tweede Dimension Data Pro-Am-titel gewen nadat hy die Sweed, Adam Blomme, op Fancourt in George in die Wes-Kaap met vier houe geklop het. Bekker het die laaste ronde met ‘n voorsprong van vyf houe begin en met 68 afgesluit om algeheel met 22 onder baansyfer te wen. Blomme het […]

Read More

Ontleding toon verkrygingsraad betaal tot 600% meer met Amnics-tender

Die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading van Shapwa Kanyama bly in die nuus. Volgens ‘n ontleding deur die Tender Bulletin, het die Sentrale Verkrygingsraad sy eie reëls oorskry deur die tender teen uiters hoë pryse toe te ken. Die gesondheidsministerie het 421 items ter waarde van 1,577 miljard Namibiese dollar toegeken waarvan 21 items aan […]

Read More

Nampol hersien kursusse vir akkreditasie

Die Namibiese polisie is tans besig om sy basiese opleiding op te gradeer sodat dit voldoen aan die standaarde van die Namibiese Kwalifiserende-owerheid. In die geval is die kursus oor wetgewing onder die loep en dit sal hersien word. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het meer.

Read More

Kwart van Suid-Afrikaners voel die knyp

Meer as 25 persent van Suid-Afrikaanse verbruikers sê daar is net genoeg geld vir kos, behuising en basiese goedere. Die opname in die buurland, wat deur NielsenIQ uitgevoer is, kom as geen verrassing vir ekonomie nie. Meer as 40 persent sê hulle is in ‘n swakker finansiële posisie as ‘n jaar gelede, wat in lyn […]

Read More

Gesin gered, 129 uur na aardbewing in Turkye

Vyf lede van dieselfde gesin is lewend gered uit die puin van hulle huis in Turkye – 129 uur na die katastrofiese 7,8 sterkte aardbewing wat die land en Sirië getref het. Meer as 28 000 mense is reeds in die ramp dood. Internasionale media haal ‘n VN-leier aan wat maan die aantal sterftes sal […]

Read More

Koperdiefstal kniehalter Cenored

Cenored gaan ook, nes oral in die Suider-Afrikaanse streek, gebuk onder herhaalde gevalle van koperdiefstal. Volgens die kragvoorsiener vind baie van die diefstal na aan woonbuurte plaas en dus moet iemand dit waarneem, maar dit word nie aangemeld nie. Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder sê die misdaad neem toe en dit maak dit moeiliker, en […]

Read More

Pukke die brandpunt van ‘n nuwe rasseherrie

AfriForum Jeug eis antwoorde van die bestuur van die Universiteit van Noordwes oor die beweerde uitsluiting van dorps-koshuisbewoners van die jaarlikse kampus-verwelkomingsplegtigheid. Dit het gelei tot ‘n opstand onder studente oor rasse-uitsluiting. Die woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, sê die feit dat die mense in die dorpskoshuise gevra is om die geleentheid […]

Read More

WGO stuur bystand vir honderde duisende Turke, Siriërs

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het tonne trauma- en nood-operasievoorrade, wat behandelings insluit, aan honderde duisende mense in Turkye en Sirië gelewer. Na die eerste huurvlug Donderdag na Turkye, is ‘n tweede vlug geskeduleer om lewensreddende voorrade in Sirië af te lewer. Die voorrade sal 120 000 dringende nood-operasies moontlik maak, ná die katastrofiese aardbewings wat albei lande […]

Read More

Wees-katjie gebruik vir N$13,5m se slenter

’n Bestuurder in Hongkong se modebedryf het 13,5 miljoen Namibiese dollar verloor in ‘n slenter na sy ‘n katjie uit Thailand wou aanneem. Die vrou, ‘n 58-jarige vise-president van ‘n modemaatskappy, het met die persoon in aanraking gekom en is meegedeel dat sy die katjie gratis kan ontvang, maar dat sy vervoer- en versekeringsfooie via […]

Read More

Suide se druiwe, rosyne vorder goed

Die Namibia Grape Company verwag vanjaar ‘n verbeterde oes. Volgens Gideon Nuunyango, besturende direkteur, kan daar ook meer tydelike werksgeleenthede geskep word. Hy het met die plaaslike uitsaaier NBC gesels en sê die rosyntjies wat geproduseer word, sal in Suid-Afrika verpak word. Die Aussenkehr-vallei is bekend vir sy buitengewone lang sonskynure, wat die gebied in […]

Read More