Solidariteit verwerp bedingingsraad se bedrieglike loonaanbod

Die vakbond Solidariteit kritiseer die Metaal- en Ingenieursbedrywe-bedingingsraad se loonaanbod en noem dit bedrieglik en skadelik vir vaardige werkers met ondervinding. Dit wissel van ses-persent vir laervlak werknemers tot vyf-persent vir vaardige werkers, en word gekoppel aan minimum salariskoerse, eerder as werklike lone. Die vakbond sê dit kan lei tot verhogings laer as inflasie vir vaardige werkers, met ‘n moontlike verlies aan vaardighede. Solidariteit se sekretaris-generaal Gideon du Plessis vra regverdige behandeling vir vaardige werkers.