GOOD-party kritiseer Winde se streeksrede

Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê premier Alan Winde het gister sy provinsiale rede vir politieke gewin gebruik in plaas daarvan om aandag te gee aan die ernstigste uitdagings, met ‘n geloofwaardige plan om die lewens van alle inwoners te verbeter. ‘n Lid van die party, Shaun August, sê kritiek en kommentaar op die nasionale regering was vir Winde belangriker as om die stappe vir ‘n verenigde provinsie te deel. Hy voeg by dis nou die tyd vir regte oplossings wat gemeenskappe kan verander: