Pta-studente slaap buite as gevolg van befondsingsbeperking

Die president van die Universiteit van Pretoria se verteenwoordigende studenteraad, Njabulo Sibeko, sê meer as 4 000 studente word deur die verblyfskrisis by die universiteit geraak. Hy sê die werklikheid is dat studente buite slaap omdat hulle geen verblyf het nie weens die nasionale finansiële studentehulpskema se perk van 45 000 Suid-Afrikaanse rand. Sibeko sê dis ‘n skande dat die universiteit sê hy kan nie finansiële hulp bied aan studente wat hierdeur geraak word nie: