Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad ‘verminder probleme’

Die jaarlikse verslag van die Nasionale Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad, NIPDB, is in die Nasionale Vergadering gelees. Volgens die verslag het Namibië verskeie probleme in die gesig gestaar in terme van ongelykheid, werkloosheid en armoede, en daarom is die ontwikkelingsraad gestig. Ten spyte daarvan ervaar Namibië nog steeds hierdie probleme. Christine /Hoebes, die minister in die presidensie, het die verslag voorgelees. Volgens haar het die stigting van die raad hierdie probleme verminder.