Prestasie-plan vir plaaslike owerhede word ontwikkel

Die Namibiese ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling wil ‘n prestasie-bestuurstelsel vir plaaslike owerhede van stapel gestuur. Luidens ‘n interne omsendskrywe deur die uitvoerende direkteur Daniel Nghidinua is die stelsel in lyn met die bepalings van die tweede Harambee-werlvaartsplan. Die stelsel is reeds by die sentrale regering geïmplementeer en moet nou uitgerol word na streeksregerings en agentskappe toe. Nghidinua vra dat elke munisipaliteit, plaaslike owerheid of dorpsraad ‘n senior personeellid sekondeer om op die taakmag te wees wat die verwysings vir die stelsel sal optrek.