Krieket: Namibië vierde ná Nepal VAE klop

Krieket: Nepal het die Verenigde Arabiese Emirate met nege lopies gewen nadat skeidsregters die eendagwedstryd weens swak lig gestop het. Nepal skuif op om derde te eindig in die IKR Wêreldbeker Liga Twee-reeks en gaan voort na die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie in Zimbabwe wat in Junie begin. Namibië eindig vierde en sal eers moet speel om […]

Read More

Nuwe Khomas-distrikshospitaal beplan

Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement die gebrek aan staatsgesondheidsgeriewe getakel. Hy het aangekondig dat ‘n nuwe hospitaal met 300 beddens, die Khomas-distrikshospitaal vir vanjaar beplan word. Hy sê dit sal die toestroming na die Katutura- en Windhoek Sentraal-staatshospitale verminder.

Read More

Staatsrede: BoN werk aan transformasie van finansiële sektor

Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement geskerts dat hy die titels van die opposisiepartye sal verander. Hy voeg by dat finansiële uitsluiting ‘n uitdaging bly in landelike gebiede en vir mikro-, klein en medium-ondernemings..  Geingob sê die Bank van Namibië werk tans aan ‘n nuwe finansiële sektor.

Read More

Alweendo: Olie en gas ‘n seën, nie ‘n vloek

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê deursigtigheid en ‘n sterk beleids-omgewing sal verseker dat Namibië se olie- en groenwaterstof-potensiaal ‘n seën eerder as ‘n vloek is. Alweendo sê die land se natuurlike hulpbronne moet volhoubaar bestuur word om toekomstige geslagte te bevoordeel. Hy het vandag die korporatiewe sektor by die Namibiese […]

Read More

SA organisasies veroordeel EFF se stilstand

ʼn Groep organisasies sê die nasionale stilstand wat die EFF vir Maandag beplan, maak inbreuk op die grondwetlike regte van Suid-Afrikaners wat teen die verset-optrede gekant is. Volgens ʼn verklaring deur wyle oudpresident Nelson Mandela se voormalige private sekretaresse, Zelda la Grange, moet die subtiele vorms van intimidasie deur die EFF, insluitende die verwysing na […]

Read More

Geingob: Fishrot-saak in die hande van die hof

Namibiese President Hage Geingob is tans besig om sy staatsrede in die parlement te lewer. Hy sê korrupsie word in die land aangespreek. Hy sê egter hy wil geen kommentaar lewer op die Fishrot-saak nie, want dit is nou in die hande van die hof en hy kan niks meer daaraan doen nie.

Read More

Werkloses moet opruk op Onafhanklikheidsdag

Die arbeids-aktivis Michael Amushelelo het ‘n beroep op werklose jeug in die land gedoen om op Onafhanklikheidsdag op te staan teen werkloosheid in die land. In sy mening het Swapo die land se bronne en ekonomie uitverkoop vir politieke vryheid tydens die onderhandelings vir onafhanklikheid. Hy sê die onlangse gebeure in Khomasdal toe 2 400 […]

Read More

AfriForum Jeug eis verskoning van US oor Afrikaans

AfriForum Jeug eis ʼn openbare verskoning van die Universiteit van Stellenbosch vir die skending van Afrikaans-sprekende studente se menseregte. Dit volg op ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie wat bevind het die instelling het die studente se regte geskend deur hulle te verbied om Afrikaans in koshuise te praat. Die woordvoerder van die organisasie, René […]

Read More

Uraan verdwyn spoorloos in Libië

Inspekteurs van die Verenigde Nasies soek na sowat twee-en-‘n-half ton natuurlike uraan wat spoorloos verdwyn het by ‘n regerings-terrein in Libië. Die Internasionale Atoom Energie-agentskap het kommer uitgespreek oor ‘n moontlike bestralings-gevaar wat dit inhou. Die agentskap het aan lidlande gesê tien vraghouers natuurlike uraan, wat voorheen by ‘n regerings-terrein was, word vermis. Daar word […]

Read More

Malawiese bokser hou fondsinsameling vir Freddy-slagoffers

Die Malawiese bokser, Denis Mwale, het met ʼn fonds-insamelingsveldtog begin vir die slagoffers van die tropiese storm, Freddy, in sy geboorteland. Die sportman, wat tans in Johannesburg oefen, doen ʼn beroep op plaaslike ondernemings om by te dra tot die verskaffing van kos, skuiling en ander noodsaaklikhede. Volgens Mwale is hy diep geraak deur die […]

Read More