Alweendo: Olie en gas ‘n seën, nie ‘n vloek

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê deursigtigheid en ‘n sterk beleids-omgewing sal verseker dat Namibië se olie- en groenwaterstof-potensiaal ‘n seën eerder as ‘n vloek is. Alweendo sê die land se natuurlike hulpbronne moet volhoubaar bestuur word om toekomstige geslagte te bevoordeel. Hy het vandag die korporatiewe sektor by die Namibiese Instituut van Korporatiewe Bestuurs-konferensie in Windhoek toegespreek.