Werkloses moet opruk op Onafhanklikheidsdag

Die arbeids-aktivis Michael Amushelelo het ‘n beroep op werklose jeug in die land gedoen om op Onafhanklikheidsdag op te staan teen werkloosheid in die land. In sy mening het Swapo die land se bronne en ekonomie uitverkoop vir politieke vryheid tydens die onderhandelings vir onafhanklikheid.

Hy sê die onlangse gebeure in Khomasdal toe 2 400 werkloses opgedaag het by ‘n restaurant vir ‘n handvol poste, bewys is dat werkloosheid ‘n nasionale krisis is wat regeringsamptenare nie verstaan nie.