Malawiese bokser hou fondsinsameling vir Freddy-slagoffers


Die Malawiese bokser, Denis Mwale, het met ʼn fonds-insamelingsveldtog begin vir die slagoffers van die tropiese storm, Freddy, in sy geboorteland. Die sportman, wat tans in Johannesburg oefen, doen ʼn beroep op plaaslike ondernemings om by te dra tot die verskaffing van kos, skuiling en ander noodsaaklikhede. Volgens Mwale is hy diep geraak deur die verwoesting wat die storm veroorsaak het en wat meer as 200 lewens geëis het. Hy sê dit is sy plig om te doen wat hy kan om sy mense in tye van nood te help. Freddy het uiteindelik uitgewoed.