AfriForum Jeug eis verskoning van US oor Afrikaans

AfriForum Jeug eis ʼn openbare verskoning van die Universiteit van Stellenbosch vir die skending van Afrikaans-sprekende studente se menseregte. Dit volg op ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie wat bevind het die instelling het die studente se regte geskend deur hulle te verbied om Afrikaans in koshuise te praat. Die woordvoerder van die organisasie, René van der Vyver, sê ʼn openbare verskoning is nodig want soortgelyke voorvalle het vanjaar plaasgevind en die kultuur van taal-uitsluiting bestaan steeds.