Nuwe Khomas-distrikshospitaal beplan

Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement die gebrek aan staatsgesondheidsgeriewe getakel. Hy het aangekondig dat ‘n nuwe hospitaal met 300 beddens, die Khomas-distrikshospitaal vir vanjaar beplan word. Hy sê dit sal die toestroming na die Katutura- en Windhoek Sentraal-staatshospitale verminder.