SA organisasies veroordeel EFF se stilstand

ʼn Groep organisasies sê die nasionale stilstand wat die EFF vir Maandag beplan, maak inbreuk op die grondwetlike regte van Suid-Afrikaners wat teen die verset-optrede gekant is. Volgens ʼn verklaring deur wyle oudpresident Nelson Mandela se voormalige private sekretaresse, Zelda la Grange, moet die subtiele vorms van intimidasie deur die EFF, insluitende die verwysing na moontlike plundery, uitgewys word. Die organisasies bevraagteken die norm dat ʼn gedwonge stilstand nou ʼn aanvaarbare vorm van verset geword het. Die groep sluit in die Ahmed Kathrada- en die Helen Suzman-stigting, asook die Regshulpsentrum.