Geingob: Fishrot-saak in die hande van die hof

Namibiese President Hage Geingob is tans besig om sy staatsrede in die parlement te lewer. Hy sê korrupsie word in die land aangespreek. Hy sê egter hy wil geen kommentaar lewer op die Fishrot-saak nie, want dit is nou in die hande van die hof en hy kan niks meer daaraan doen nie.