AU doen ‘n beroep vir pemanente skietstilstand in Sudan

Die Afrika-unie het sy oproep om ‘n permanente wapenstilstand in Sudan herbevestig. Dit kom met die land nou in sy tweede week van gevegte tussen die weermag van Sudan en die paramilitêre magte van Rapid Support. Die voorsitter van die AU, Moussa Mahamat, sê hy monitor steeds die lot van burgerlikes wat in die dodelike […]

Read More

Murray sê hy sal aan Franse Ope deelneem

Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray, sê hy wil graag weer aan die Franse Ope deelneem terwyl hy nog fiks en gesond is. Hy het laas in 2017 die halfeindronde in Parys gehaal. Die 35-jarige is vandeesweek die tweede keer hierdie kleiseisoen vroeg uitgeskakel toe hy in die eerste ronde in Madrid verloor het. […]

Read More

Lughawe-baas sê vragverbod is verby, probleme uitgesorteer

Na noodvergaderings wat Donderdagmiddag gehou is en vrag wat herlei was deur Suid-Afrika, blyk die vraghanteringsprobleem op Hosea Kutako Internasionale Lughawe om opgelos te wees. Daar was kwessies met die sertifisering wat nie op internasionale lugvaartstandaarde was nie. Menzies se sertifisering het blykbaar verval en die sertifisering van Nampol-lede is nie geakkrediteer nie. Die hoof […]

Read More

SA-vragmotorbestuurders dreig om te staak die naweek

Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders dreig om die naweek met ‘n nasionale stilstand te begin. Die staking kan die vervoerketting ontwrig en die buurland se ekonomie oor ʼn wye front destabiliseer. Volgens die adjunkvoorsitter van die All Truck Drivers Forum, Mandla Mngomezulu, is bestuurders veral gegrief oor die aanstelling van buitelandse burgers as bestuurders en die laaistelsel wat […]

Read More

Zim-opposisieleier after tralies vir 3 jaar

‘n Hof in Harare, Zimbabwe, het ‘n opposisie-politikus tronk toe gestuur vir die aanhits van openbare geweld. Die leier van die Transform Zimbabwe-party, Jacob Ngarivhume, het in 2020 in ‘n twiet ‘n beroep gedoen op landwye betogings teen die regering oor korrupsie en Zimbabwe se katastrofiese ekonomie. Internasionale nuusagentskappe berig hy sal drie jaar tronkstraf […]

Read More

Curriebeker: Chaos in Bloem en Leeus klop die Pumas

Die span wat tweede-laaste gelê het op die Curriebeker-punteleer, die Leeus, het die top-span in die kompetisie, die Pumas, in Johannesburg met 26-10 geklop. Die oorwinning het gehelp om die gasheerspan weer hoop te gee op ‘n plek in die uitspeelronde. Die tuisspan was met rustyd reeds 21-3 voor. Die Leeus het vier drieë gedruk […]

Read More

Laat herdenking van Onafhanklikheid mors geld, is ook politieke foefie

Die sogenaamde laat herdenking van Onafhanklikheidsdag wat vandag gehou word is in die nuus. Veikko Nekundi, die adjunk-vervoerminister sal ‘n herdenking net noord van Oshakati by die Amutanga Growth-sentrum hou. Kritici meen dit kos eenvoudig geld wat broodnodig is in ander gebiede. Die woorvoerder van die LPM-party Lifalaza Simataa, sê dit gaan oor politiek, en […]

Read More

Kaapstad sal R11 miljard op infrastruktuur bestee

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad gaan infrastruktuur in sy armer gemeenskappe opgradeer, as deel van sy beplanning om die land se hoë werkloosheidsyfer aan te spreek. Hill-Lewis sê die stad sal 11 miljard Suid-Afrikaanse rand in infrastruktuurprojekte belê, wat in die volgende jaar 135 000 werksgeleenthede sal oplewer. Hy beklemtoon die […]

Read More

Spermskenker verbied om verder te skenk, amper 600 kinders

’n Nederlandse hof het ‘n man wat volgens die regters tussen 500 en 600 kinders regoor die wêreld verwek het, beveel om op te hou om sperm te skenk. Die 41-jarige Nederlander, wat deur die Telegraaf-koerant as Jonathan Meijer geïdentifiseer is, is verbied om enige skenkings aan klinieke te maak en kan ’n boete van […]

Read More

Padveiligheid die naweek: Wees geduldig, en nugter

Padveiligheid is onder die loep met die langnaweek. Namibië is bekend vir sy motorongelukke en om nie te drink en bestuur nie. Jaar op jaar sterf talle mense op die land se paaie en die naweek het afgeskop met die eerste sterfgeval net Suid van Otjiwarongo. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief het met Kosmos […]

Read More