Zim-opposisieleier after tralies vir 3 jaar

‘n Hof in Harare, Zimbabwe, het ‘n opposisie-politikus tronk toe gestuur vir die aanhits van openbare geweld. Die leier van die Transform Zimbabwe-party, Jacob Ngarivhume, het in 2020 in ‘n twiet ‘n beroep gedoen op landwye betogings teen die regering oor korrupsie en Zimbabwe se katastrofiese ekonomie. Internasionale nuusagentskappe berig hy sal drie jaar tronkstraf uitdien nadat die hof een jaar opgeskort het mits hy hom goed gedra. Ngarivhume het in ‘n video op Twitter beweer die staat gebruik verdagte maniere om te keer dat hy aan die komende verkiesing deelneem.