Lughawe-baas sê vragverbod is verby, probleme uitgesorteer

Na noodvergaderings wat Donderdagmiddag gehou is en vrag wat herlei was deur Suid-Afrika, blyk die vraghanteringsprobleem op Hosea Kutako Internasionale Lughawe om opgelos te wees. Daar was kwessies met die sertifisering wat nie op internasionale lugvaartstandaarde was nie. Menzies se sertifisering het blykbaar verval en die sertifisering van Nampol-lede is nie geakkrediteer nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Lughawensmaatskappy, Bisey /Uirab, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig, alles is terug na normaal.