Spermskenker verbied om verder te skenk, amper 600 kinders

’n Nederlandse hof het ‘n man wat volgens die regters tussen 500 en 600 kinders regoor die wêreld verwek het, beveel om op te hou om sperm te skenk. Die 41-jarige Nederlander, wat deur die Telegraaf-koerant as Jonathan Meijer geïdentifiseer is, is verbied om enige skenkings aan klinieke te maak en kan ’n boete van 100 000 euro, meer as 2 miljoen Nambiiese dollar, per per oortreding opgelê word. Die hof het Meijer ook beveel om aan klinieke in die buiteland te skryf en hulle te vra om enige van sy skenkings wat hulle in voorraad het te vernietig, behalwe dosisse wat gereserveer is vir ouers wat reeds kinders by hom gehad het. Die besluit kom nadat ‘n siviele saak begin is deur ‘n stigting wat die belange van skenkerkinders en Nederlandse ouers verteenwoordig wat Meijer as ‘n skenker gebruik het. Hulle voer aan sy volgehoue skenkings die reg op ‘n privaat lewe van sy skenkerkinders skend omdat hulle vermoë om romantiese verhoudings te vorm, belemmer word deur vrese vir toevallige bloedskande en inteling.