SA-vragmotorbestuurders dreig om te staak die naweek

Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders dreig om die naweek met ‘n nasionale stilstand te begin. Die staking kan die vervoerketting ontwrig en die buurland se ekonomie oor ʼn wye front destabiliseer. Volgens die adjunkvoorsitter van die All Truck Drivers Forum, Mandla Mngomezulu, is bestuurders veral gegrief oor die aanstelling van buitelandse burgers as bestuurders en die laaistelsel wat werkgewers gebruik. Mngomezulu sê die huidige stelsel benadeel bestuurders en hulle word onbillik gepenaliseer vir redes buite hulle beheer: