Curriebeker: Chaos in Bloem en Leeus klop die Pumas

Die span wat tweede-laaste gelê het op die Curriebeker-punteleer, die Leeus, het die top-span in die kompetisie, die Pumas, in Johannesburg met 26-10 geklop. Die oorwinning het gehelp om die gasheerspan weer hoop te gee op ‘n plek in die uitspeelronde. Die tuisspan was met rustyd reeds 21-3 voor. Die Leeus het vier drieë gedruk teenoor een deur die Pumas. Die wedstryd tussen die Cheetahs en hulle bure, die Griffons, moes tien minute na die afskop weens slegte weer in Bloemfontein opgeskort word. Daar word berig toe die spanne ná sewe weer op die veld kon draf, het die spreiligte ingegee. Met weerlig op die agtergrond, kon die wedstryd eers half-tien behoorlik afskop. Die Cheetahs het uiteindelik met 33-10 gewen.