Laat herdenking van Onafhanklikheid mors geld, is ook politieke foefie

Die sogenaamde laat herdenking van Onafhanklikheidsdag wat vandag gehou word is in die nuus. Veikko Nekundi, die adjunk-vervoerminister sal ‘n herdenking net noord van Oshakati by die Amutanga Growth-sentrum hou. Kritici meen dit kos eenvoudig geld wat broodnodig is in ander gebiede. Die woorvoerder van die LPM-party Lifalaza Simataa, sê dit gaan oor politiek, en ook, daar is niks om te herdenk nie.