Murray sê hy sal aan Franse Ope deelneem

Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray, sê hy wil graag weer aan die Franse Ope deelneem terwyl hy nog fiks en gesond is. Hy het laas in 2017 die halfeindronde in Parys gehaal. Die 35-jarige is vandeesweek die tweede keer hierdie kleiseisoen vroeg uitgeskakel toe hy in die eerste ronde in Madrid verloor het. Na berigte dat Murray Roland Garros kan misloop omdat hy ook in die eerste ronde in Monte Carlo verloor het, het hy aan verslaggewers gesê hy wil nie die geleentheid misloop om aan nog ʼn Grand Slam-toernooi deel te neem nie.