Sudan kry nog 72 uur se skietstilstand

Strydende faksies in Sudan het die skietstilstand van 72-uur wat Donderdagaand sou eindig, met nog drie dae verleng. Dit volg ná intensiewe diplomatieke pogings deur buurlande, asook Amerika, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies. Die vorige skietstilstand het duisende mense toegelaat om na veiligheid te vlug terwyl tientalle lande, insluitend Suid-Afrika, hulle burgers uit die land […]

Read More

Halep is vies oor vertraging in tribunaal oor haar skorsing

Die wêreld se voormalige nommer een, Simona Halep, het die Internasionale Tennisfederasie gekritiseer omdat haar verhoor deur ‘n onafhanklike tribunaal herhaaldelik vertraag word. Die tweemalige Grand Slam-kampioen is sedert Augustus verlede jaar voorlopig geskors. Sy het positief getoets vir die dwelm, Roxadustat, na haar nederlaag in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Halep sê dit het nooit by haar opgekom om […]

Read More

Kanime sê sy grootste sukses is die sukses van die mag

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime, verlaat vandag die mag. Hy was sedert die stigting van die mag in 2004, die hoof. Die mag het amptelik as volle polisiediens in 2006 begin. Sedertdien het die mag hard gewerk op nuwe elemente soos gemeenskapspolisiëring en groot suksesse behaal. Kanime sê die grootste sukses vir hom is die ontwikkeling van die metro-polisie in die […]

Read More

Uitspraak vandag in Rooies se saak waar hy vrygelaat wil word

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert die aanklaer-generaal dagvaar om sy vervolging permanent ter syde te stel. Regter Orben Sibeya sal dit na verwagting om tien-uur lewer. Mostert sê in sy stukke dat onder andere, die uitgerekte vertraging in sy vervolging, sowel as aantygings van meineed deur getuies, en dat hy in ‘n lokval gevang is, beteken […]

Read More

Duitsers skenk infrastruktuur vir oorgrenspark, sê Namibië lei in bewaring

Die Duitse regering glo in die Namibiese toerisme-sektor. Duitsland het al meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar aan dié sektor bestee, volgens die Duitse ambassadeur Herbert Beck. Die opgradering van die kusparke deur die Namibiese en Duitse regerings in samewerking met die Duitse ontwikkelingsbank KfW, is deel van die ontwikkeling van drie oorgrensparke. Die Nasionale […]

Read More

Verstedeliking sal boere dwing om te outomatiseer

Die Namibiese makelaarsfirma Simonis Storm sê verstedeliking is ‘n bedreiging vir landbou. Volgens data van die Wêreldbank, het dit van 28 persent in 1990 tot 53 persent in 2020 gestyg. Dit beteken daar is minder werkers wat gelok kan word en daarom sal boere beleggings in outomatisering moet verhoog om ‘n arbeidstekorte te hanteer. Die […]

Read More

Pence getuig vir Jack Smith vir meer as sewe ure

Die voormalige Amerikaanse visepresident Mike Pence het voor ‘n groot jurie verskyn wat oudpresident Donald Trump se rol in pogings om die 2020-verkiesing omver te werp ondersoek. Hy was vir meer as sewe uur in die Amerikaanse distrikshof in Washington. Hy het gepoog om die verskyning te verhoed en so ook sy voormalige baas, Trump, […]

Read More

Beurtkrag saai chaos by pluimveeboere in Gauteng

Die DA in Gauteng sê die pluimveebedryf in die provinsie staar talle uitdagings in die gesig weens die voortslepende kragonderbrekings en dit word vererger deur stygende lewenskoste. Die party het met die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging vergader om vas te stel presies watter probleme die hoë beurtkragvlakke in hulle bedryf veroorsaak. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê […]

Read More

Dringende vergadering op Hosea Kutako-lughawe, vrag word tans deur SA herlei

Daar is op die oomblik ‘n verbod op die vervoer van vrag vanaf Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Nie Menzies, wat op die oomblik die kontrak het om die vrag te hanteer nie, nog die Namibiese polisie, is gesertifiseer om vrag, volgens internasionale lugvaartstandaarde te hanteer nie. ‘n Dringende vergadering is Donderdagmiddag op die lughawe met […]

Read More

Cyril sê ommekeer in kragkrisis kom binnekort

President Cyril Ramaphosa sê armoede, werkloosheid en ongelykheid oorheers steeds die lewens van miljoene Suid-Afrikaners. Hy het gepraat by die amptelike Vryheidsdag-vierings in Klerksdorp, Noordwes. Hy sê vryheid kan nie sinvol wees wanneer huise en sakeondernemings vir etlike ure in die dag sonder elektrisiteit is nie. Ramaphosa sê dit is waarom die regering alle middele […]

Read More