Daures: Gebrek aan monitering van onwettige mynbou  

Die hoof-administrasiebeampte van die Daures-kiesafdeling sê ‘n gebrek aan monitering deur die ministeries van myne en energie, en omgewing en toerisme dra by tot onwettige mynbou in die gebied. Mauritius Goseb het op vrae van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne gereageer. Die komitee het vandag in Okombahe aangekom om beweerde onwettige mynbedrywighede in Daures te ondersoek. Die komitee gaan besprekings met gemeenskapslede, tradisionele owerhede en myn-eienaars oor die volgende drie dae hou.