Mens-dier-konflik die week onder die loep

Die Namibiese omgewingsministerie hou vanaf Woensdag tot Vrydag ‘n nasionale konferensie oor mens-dier konflik in die hoofstad. Gevalle duur voort met 1 486 gevalle wat in die 2020-2021 boekjaar aangemeld is. Tussen 2008 en 2018 is 16,4 miljoen Namibiese dollar in vergoeding uitbetaal. ‘n Nuwe nasionale beleid, vir 2018 tot 2017 is reeds gepubliseer en uitdagings, sowel as die implementering daarvan, sal onder die loep kom. Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda sê verliese, van beide vee en gewasse, sowel as infrastruktuur, wek kommer.