Drie sterf toe Indiese vegvliegtuig op huis val

Drie mense is dood toe ‘n vegvliegtuig van die Indiese lugmag in die dorp Bahlol Nagar op ‘n huis se dak geval het. Die vlieënier het glo tegniese probleme ondervind en die uitskietstoel geaktiveer waarna hy veilig geland het. Die vegvliegtuig, ‘n MiG-21 is nog afkomstig van die destydse Sowjet Unie-era, en staan onder die Indiese media bekend as “die vlieënde doodskis”. Die Indiese lugmag gebruik die vegvliegtuie sedert 1963, wat die afgelope jare gereeld om verskeie redes neergestort het. Indië beplan glo om oor die volgende twee jaar sy hele verouderde vloot uit te faseer.