Nuusvrou se pad met ovariële kanker

Vandag is Wêrelddag vir Ovariële Kanker. Dit is een van die dodelikste en mees mis-gediagnoseerde kankers. Meer bewusmaking moet onder vroue gedoen word sodat dié kanker gouer opgespoor word. Ronelle Rademeyer, die voormalige nuusredakteur van die Afrikaanse Namibiese dagblad Republikein het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor haar pad wat sy saam met ovariële kanker stap.

Rademeyer gee raad aan vroue om die simptome van eierstokkanker vinnig op te spoor.