Otji-sakeman onder die mes in Millpark-hospitaal

Die familie van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap waarsku Namibiërs om nie vir swendelaars te val wat onwettige geld wil insamel nie. Volgens sy skoonseun Jacques Celliers word vals boodskappe op Facebook en WhatsApp versprei om geld vir Borstlap in te samel nadat hy brandwonde van 68 persent opgedoen het. Celliers het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat geen geldinsamelingsveldtog vir Borstlap gehou word nie.  

Celliers het terugvoering oor Borstlap se toestand in die Millpark-hospitaal in Johannesburg gegee.