Moordklagte teen Indiese eienaar van boot  

Die Indiese regering het aanklagte van moord aanhangig gemaak teen die eienaar van ‘n toeristeboot wat in die suidelike staat Kerala omgeslaan het. Minstens 22 mense is dood. Die eienaar van die boot het kort na die voorval gevlug. Tientalle mense was vasgekeer toe dié dubbeldekker-boot op ‘n rivier omgeslaan het. Daar was weens die skoolvakansie baie kinders aan boord. Volgens berigte is elf lede van een familie dood. Amptenare stel ondersoek in oor of die boot ‘n geldige permit het.