Ons herdenk die allerbelangrike heuningby op 20 Mei

Wêreld-byedag word op 20 Mei gevier. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame voedsel. Onbehoorlike gebruik van plaagdoders hou egter ernstige bedreigings vir bestuiwers in deur hul toegang tot voedsel en nesplekke te verminder, hulle aan skadelike chemikalieë bloot te […]

Read More

BIG herdenk vandag families, wat agtergelaat word in die Namibiese ‘huis’

President Hage Geingob praat dikwels van die Namibiese huis, maar die Basiese Inkomste Toelae-koalisie van Namibië wil weet hoe belangrik families in die land geag word. Dit is vandag die Internasionale Dag van Families wat deur die Verenigde Nasies onder die tema Demografiese Neigings en Families gevier word. Die koalisie herdenk die dag vanaand vanaf […]

Read More

Loonopgawes is laat – SSC

Die Maatskaplike Voorsorgkommissie herinner werkgewers daaraan dat loonopgawes vir die 2022-2023 boekjaar teen 31 Maart ingedien moes wees maar, die voorskrif is nie nagekom nie. Hy doen ‘n beroep op werkgewers om die proses te voltooi. Ingevolge wetgewing moet alle werkgewers die opgawes op ‘n jaarlikse basis indien. Die kommissie vra ook dat rolspelers seker […]

Read More

De Ruyter se boek ontbloot Eskom-korrupsie

Die gewese Eskom-hoof, André de Ruyter, ontbloot wydverspreide korrupsie en onbevoegdheid by die kragverskaffer in sy nuwe boek wat bekend gestel is. In die boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, sê hy toe hy in Januarie 2020 die pos aanvaar het, het hy buiten verwaarloosde toerusting, verouderende kragstasies en ‘n uitgedunde vaardigheidsbasis, ook […]

Read More

Day vat eerste PGA-titel in vyf jaar

Die Australiër Jason Day het die AT&T Byron Nelson in Texas gewen. Dit is sy eerste PGA-toertitel in vyf jaar. Die 35-jarige speler het die laaste ronde op 62 nege-onder klaargemaak. Sy algehele telling was 23-onder, een hou voor Kim Si-woo van Suid-Korea en die Amerikaner Austin Eckroat. Dit is die voormalige wêreld nommer-een se […]

Read More

Ekurhuleni wil ook ontkoppel van Eskom

Die Stad Ekurhuleni sê hy beraadslaag met belangrike rolspelers terwyl hy opsies oorweeg om van die Eskom-netwerk weg te breek. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Nkululeko Dunga, het onlangs vergader met die 100 topmaatskappye wat in die streek bedrywig is. ‘n Woordvoerder, Zweli Dlamini, sê hulle het ‘n bykomende 1 000 megawatt nodig om beurtkrag te beëindig. Hy sê hulle kan dit regkry met […]

Read More

Vergadering oor mens-dier-konflik stel hoë teiken

Die drie-dag lange konferensie oor mens-dier-konflik het Vrydag in die hoofstad afgesluit. Die konflik word as uiters belangrik geag omdat dit die regering se bewarings-inisiatiewe ondermyn. Dit is ook uiters duur met die regering wat jaarliks 285 miljoen Namibiese dollar daarvoor begroot. Nie-regeringsorganisasies bestee op hul beurt miljoene om veldwagters aan te stel, vroeë waarskuwingstelsels op […]

Read More

Grootfontein se NaTIS-kantoor bied beperkte dienste die week

Die NaTIS-kantoor op Grootfontein herinner inwoners dat sy toetsdienste vir leerderslisensies en rybewyse, sowel as padwaardigheidstoetse die week opgeskort is. Kliënte wat dringend dienste nodig het word aangeraai om NaTIS op Tsumeb te besoek. Die diens sê verder dat oor-die-toonbank dienste, algemene navrae en transaksies aan die publiek gelewer sal word, vanaf ‘n gebou langs die Grootfontein NaTIS-sentrum. Alle bedrywighede sal Maandag 22 Mei hervat. 

Read More

ANC stoomroller gesondheidsversekering – DA

Die DA veroordeel, wat hy noem, die ANC se stoomroller-proses om die Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp by die portefeuljekomitee oor gesondheid deur te jaag, sonder wysigings van opposisiepartye. Hy sê dit het gebeur in weerwil van oorweldigende regsmenings en teen argumente. Die DA benadruk die wetsontwerp sal Suid-Afrika bankrot maak en nié die mediese krisis oplos nie. ‘n Lid […]

Read More

Arsenal se hoop lê aan skerwe

Arsenal se hoop op ‘n Premierligatitel het gister aan skerwe gespat nadat hulle met drie-nul teen Brighton verloor het. Ná die nederlaag is die Gunners is nou vier punte agter die voorlopers, Manchester City, met net twee wedstryde wat oorbly. Pep Guardiola se span weet ‘n oorwinning Sondag teen Chelsea op die Etihad-stadion beteken ‘n vyfde Premierligatitel in ses seisoene. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle vertoning in […]

Read More